Christene in Lebanon maak hulle huise en kerke oop vir vlugtelinge van die Suide. Een van hierdie Christen groepe is die Ware Wingerd Baptiste Kerk, met 400 lede, in die stad Zahlé. Hierdie groep het reeds voorheen die Siriese vlugtelinge aktief gedien. Nou huisves hulle 150 mense wat van die Suide gevlug het. Hulle sê dis vir hulle ‘n voorreg om hierdie Moslem Shiites in die naam van Jesus te dien. Bid vir hierdie Christene, dat hulle moedig sal bly en nie uit die land sal vlug nie, sodat hulle kan voortgaan om die mense te dien en Jesus se naam te verheerlik. Bid vir meer Shiites om ware vrede in Jesus te vind. www.tiny.cc/wb244