Die Evangelie versprei soos nog nooit voorheen nie. “Een vir Israel” het reeds meer as 20 miljoen “views” die jaar gehad en hulle het meer as 500 000 intekenare op huk Hebreeuse Evangelie Youtube kanaal. Meer as 25 000 Israelies het hul Bybel toepassing afgelaai. Gaza en die Midde-Ooste word deur films en onderrig in Arabies bereik. Die “Een vir Israel” Bybelkollege lei die nuwe generasie dissipel makers en spirituele leiers op. Hier studeer Jode en Arabiere saam uit die Skrif. Dit verskaf kragtige getuienisse oor die Evangelie van vrede in hierdie onstuimige tye. www.tiny.cc/wb248