Met wat as die grootste menslik saamtrek beskryf word, kom ongeveer 400 miljoen Hindoe pelgrims vir die volgende 45 dae vir die Kumbh Mela fees bymekaar om hul heilige bad te neem. Ongeveer 50+ miljoen aanbidders kom op die 29ste Januarie alleen bymekaar. Die toegewydes kom by Sangam bymekaar, waar Indië se heiligste Ganges en Yamuna riviere saamkom. Hindoes glo dat hierdie bad in die heilige water van hierdie riviere hulle van hul sonde verlos, hul siel reinig en hulle van die siklus van geboorte en dood bevry. Bid dat baie sal ontdek dat Jesus die enigste Een is wat sondes kan vergewe. www.tiny.cc/wb302