Indië


Christendom is met rasse skrede besig om in die Punjab area te groei.  Die charismatiese kerke laat bekeerlinge toe om hul name te behou, tradisionele klere te dra en op die vloer te sit.  Dis anders as die ouer tradisionele kerke.  Sikhs voel so meer ontvanklik vir Christendom.  Pastoor Ankur Narula, wat uit alkolisme gered is, lei ‘n beweging wat uit 130+ kerke in Punjab bestaan.  Sy YouTube kanaal het 2,6 miljoen intekenare.  Pastoor Bajinder Singh het Christendom omarm terwyl hy vir moord in die tronk was.  Prys God vir hierdie en vele ander pastore wat God geroep het om sy lammers onder die Sikhs te lei.  www.tiny.cc/wb303