Boetan is ‘n afgeslote land in Himalaya’s. Daar word aanvaar dat almal Boediste is. Elkeen wat dit waag om tot die Christendom te bekeer, word met die grootste agterdog hanteer. Daar is ook gewoonlik pogings om hulle na Boedisme te laat terugkeer. Aangesien daar geen geregistreerde kerk in Boetan is nie, aanbid Christene inderdaad in die geheim in hulle huise. Die wat openlik kies om Christus te volg, mag uit Boetan verdryf word en van hul burgerskap ontneem word. Tog is God aan die beweeg. Rajiv het met Bybelstudies by 15 universiteite begin. Bid vir uithouvermoë vir gelowiges wat uitgestoot, vals beskuldig en van werke ontneem word. www.tiny.cc/wb304