Die burgeroorlog het meer as 12 miljoen mense in hierdie Moslem nasie ontwortel. Meer as die helfte hiervan is vrouens en kinders. Hulle beleef gruweldade van beide die weermag en die para-militêre groep wat in die burgeroorlog betrokke is. “Spoken Worldwide” deel die evangelie mondelings aan die wat nie kan lees nie. Verder beplan hulle dames konferensies. In ‘n kultuur waar vrouens as weinig meer as goedere gesien word, is die boodskap dat God hulle lief het ‘n openbaring vir die dames. Bid dat die beplande werkswinkels daartoe sal lei dat baie vrouens sal verstaan dat daar ‘n God is wat hulle liewer het as wat hulle hulself kan voorstel. www.tiny.cc/wb305