Teks: Lukas 4:16-30
Liedere: 146:1,4,6 284:1,2,3 504:1,4,5
Jesus doen alles wat Hy doen uit gehoorsaamheid, gemotiveerde deur die doel waarvoor Hy na die wêreld toe gekom het. Dit maak dat Hy nie altyd gewild is nie. Hy doen eenvoudig wat Hy moet doen.
Wanneer Hy terug gaan na Nasaret om met die mense te gesels, is die reaksie van die mense eers positief. Hy kom by die tempel aan. Die mense het gehoor van alles wat Hy vir die mense in Kapernaum gedoen het. Hy het ‘n reputasie as ‘n goeie prediker en ‘n wonderwerker opgebou. Johannes die doper het ook ‘n groot afwagting by die mense geskep.
Wanneer Jesus begin preek is die mense beïndruk deur dit wat Hy sê. Hulle is aangenaam verras oor die seun van die houtwerker wat met soveel gesag met hulle praat. Jesus lees vir die mense uit Jesaja voor. Dan begin Hy om vir hulle die Skrif uit te lê. Die mense het met groot afwagting uitgesien na die koms van die Messias. Jesus sê vir hulle dat hierdie teks vervul is. Hy is daardie langverwagte Messias. Hy kom doen alles wat Jesaja vir hulle gesê. Sy koms het die jubeljaar vir die mense aangekondig. Dit was wonderlike nuus vir hulle, maar daar is ‘n probleem en Jesus weet wat dit is.
Hy sê nou vir hulle dat hulle seker wil hê dat Hy dieselfde dinge wat hulle van gehoor het ook nou hier by hulle moet doen, maar dit gaan nie gebeur nie. Jesus gee vir hulle die rede waarom dit nie gaan gebeur nie. Hy gebruik 2 verhale uit die Ou Testament waarin Elia en Elisa na mense buite Israel moes gaan sodat die wonders wat God beplan het daar kon gebeur. Jesus sê vir hulle die rede daarvoor is omdat ‘n profeet nie in Sy eie land erken word nie, of in Sy geval omdat die mense nie waarlik glo nie. Dit maak hulle nou woedend kwaad. Hulle wil Hom sommer by ‘n krans afgooi. Waarom reageer hulle so? Net die wat waarlik glo ontvang die seën van God. Daarna moet jy tot seën vir ander wees. Hierdie Jode het dit nie verstaan nie. Alles het net oor hulself gegaan. Jesus weet dit en wys hulle daarop. Hulle geloof is klein. Jesus se liefde is veel groter as wat ons onsself ooit kan voorstel. Dit strek baie verder as net my klein lewetjie. Onthou dit. Glo in Hom.