Operasie Mobilisasie


Vir eeue het net ‘n klein getal mense uit die Midde-Ooste en Noord-Afrika na Christus gedraai, maar vandag word ‘n ongekende verskuiwing waargeneem.  Gedryf deur digitale uitreike en goddelike ontmoetings, draai meer Moslems na Jesus as ooit in die verlede.  Hierdie groei bring ‘n noodsaaklike behoefte aan dissipelskap.  ‘n Nuwe bekeerling ervaar gereeld isolasiem vervolging, onsekerheid en verwarring.  Bid vir die sendelinge van OM (Operasie Mobilisasie) soos wat hulle werk om lewendige gemeenskappe te bou wat voordurend vermenigvuldig, deur die plaaslike gelowiges toe te rus om uit te reik en dissipels van hulle eie mense te maak.  www.tiny.cc/wb411