China


Godsdiensvryheid word erg in China ingeperk soos wat die Chinese Kommunistiese Party “Sinisering” toepas.  Dit is die beleid dat alle oortuigings en geloofspraktyke in lyn met die Party se ideologie moet wees.  Alhoewel kerkgroei getalle stadiger gebeur, is die kerk steeds veerkragtig.  Daar vind ‘n skuif plaas, weg van mega-kerke na kleiner selgroepe.  “China Vennoot” maak gebruik van ‘n toeristevisum waarmee leiers privaat in hotelle ontmoet word.  So word die formele beperkings omsuil en belangrike verbintenisse gehandhaaf.  Hierdeur word die plaaslike kerk versterk.  Bid vir die opkomende reise na Jiangxi, Shanghai, Guangzhou, Shanzhen en Hong Kong.  www.is.gd/wb415