Meer as ‘n duisend is onlangs in Perth Australië gedoop, 3000 jongmense het in London vir ‘n gebedsbyeenkoms bymekaar gekom, ‘n rekord 21386 mense is in die Frans Katolieke Kerk tydens Paastyd gedoop. Mense staan in toue om in Manhattan in die kerk in te kom. In die Brittanje het Alpha laas jaar ‘n groei van 38% beleef, met die helfte van die gaste wat onder die ouderdom van 25 jaar is. In 2019 het ongeveer 36% van jong seuns wat in kategetiese aanemingsklasse gesê hulle glo in God. Hierdie getal het in 2024 tot 62% gespring. Prys God vir hierdie nuwe ontwaking onder jongmense. Bid dat dit wêreldwyd sal uitbrei. www.tiny.cc/wb416