Kambodja


Na wonderlike onlangse veldtogte, was CFAN (Christ for all Nations) instaat om hierdie Vrydag ‘n massa doop vir 3000 gelowiges te hou.  Hulle begin ook Donderdag met ‘n nuwe veldtog in die Kep provinsie.  Met net ongeveer 200 gelowiges in die provinsie, hoop hulle om 1000de te bereik.  Net 1% van Kambodja se mense is tans Christene, maar die mense is honger vir die waarheid.  CFAN se doel is om elke dorpie te bereik, kerke te plant en baie dissipels te maak.  Hulle verskaf ook kritiese opleiding vir die plaaslike leiers om so seker te maak dat die vuur brandend bly lank nadat die veldtog spanne weg is.  www.is.gd/wb417