Luister na die stem van die Here!
(1 Samuel 3:1-10)
Hoor … Luister.
Net twee woorde maar ons hoor baie maar luister nie na alles wat ons hoor nie. Om die Here te hoor is die klem op luister.
Luister: Doen of nie-doen.
Luister toepas—besluit te neem om te doen of nie te doen. Die Woord gehoor maar nie geluister.
Gee my asseblief die oor van Samuel?
‘n Verhaal vertel van ‘n seuntjie wat nie vir pouses kon wag om te gaan bofbal speel nie. Eendag net voor pouse vertel die jufrou die verhaal van Samuel wat deur God geroep is en hy is so beïndruk dat hy agter bly en vra om weer die storie te hoor; dit het sy hele lewe verander omdat hy gehoor én geluister het.
Samuel se ervaring.
God gebruik Eli om vir Samuel te sê hier is iets aan die gebeur—Samuel is gereed, geluister , geantwoord en gedoen al was die boodskap sleg vir Eli.
Hoe hoor ons die Here.
Deur sy Woord en die inwerking van die Heilige Gees— bereidwillig, reg ingestel en gereed wees:
Psalm 25— Maak my U weë bekend
Jesaja 55 :3—…. luister en julle sal lewe.
Profete—Jeremia, Segiël, Amos en ander besondere manne wat na God geluister het.
Jesus—gereeld homself afgesonder om met sy Vader in gebed te tree.
Openbaring briewe— sewe briewe wat almal eindig met “Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.”
Mense soos soos Luther, Calvyn en ons terwyl ons luister na sy Woord.
Hoe sal ons weet dit is die Woord van die Here, Hoe hoor ons die Here?
Toets jou insig aan die Bybel se beginsels, bv Spreuke boek en ander beginsels. Leer by Jesus se optrede. Bestudeer jou Bybel, bid vir leiding van die Heilige Gees.
Luister en wag. Luister en wag!
Gee my asseblief die oor van Samuel.
Lid 254
Spreek Heer, want u dienaar luister.
Net u woord, Heer, bring weer lig in duister.