Tony Rinaudo


Na 18 uitmergelende maand, waar ‘n Australiese sendeling, Tony Rinaudo, 6000 bome geplant het, om ontbossing in Niger, teen te werk, was hy moedeloos nadat die meeste bome gevrek het.  Hy het ‘n klein bos raakgesien, wat afgekap is om plek te maak vir landbougrond.  Hy het die plaaslike bevolking begin leer om die “bosse” te snoei sodat dit weer ordentlik tot bome kon groei.  Hierdie SIM projek het bygedra dat 200 miljoen bome gered is.  Die gevolg was dat die boere ‘n 30% verhoging in opbrengs beleef het.  As gevolg van sy werk het Tony verskeie internasionale toekennings ontvang.  Soos wat Tony besig was om te werk, het hy op geleë tye teenoor die hoofsaaklik Moslem gemeenskap getuig, met die gevolg dat verskeie klein kerkies reeds ontstaan. www.is.gd/wb114