Fulani is ‘n nomadiese Moslem stam wat uit tussen 20 en 40 miljoen mense bestaan, wat oor ‘n uitgestrekte area leef, waar die Sahara woestyn die Afrika savannas ontmoet. Dit staan bekend as die Sahel. Militêre Fulani Moslems was betrokke by boosaardige aanvalle op Christene, maar sommige van die Fulanis draai na Christus, soos byvoorbeeld Sadou in Burkina Faso wat, nadat hy die Bybel gelees het, besef het dat Jesus suiwer is. Bid dat gelowiges soos Sadou sterk sal bly staan in hul nuutgevonde geloof. Bid dat hulle ‘n onkeerbare beweging Fulanis vir Christus sal word. www.tiny.cc/wb307