Vroue word geleer dat hulle vuil, onrein, minder intelligent en minderwaardig is. Daarom word hulle sleg behandel. Gedurende Ramadaan moet mans en vrouens gedurende die dag vas. Meestal rus mans in die dag, maar van die honger vroue word verwag dat hulle kos vir fees na donker moet voorberei. As ‘n vrou menstrueer word sy nie toegelaat om te vas nie, wat vir baie ongemaklike situasies sorg. Aangesien mans nie toegelaat word om gedurende die vas te rook nie, vlam hulle humeure gereeld op en ontgeld vroue dit deur die mans se misbruik. Bid dat Moslem vroue sal ontdek dat God hulle waarde hoog ag en hulle baie lief het, so lief dat Christus vir hulle gesterf het. www.tiny.cc/wb311