Redding


Moslems glo dat redding verdien word, dat dit nie ‘n gratis geskenk is nie.  By hul dood sal Allah hul goeie en slegte dade teen mekaar opweeg.  Dit sal dan hul ewige bestemming bepaal – vuur of paradys. Maar uiteindelik bepaal Allah hul lot, oor hoe hulle hul lewe leef.  Die paradys is nie gewaarborg nie, behalwe as hulle in ‘n heilige oorlog sterf of as ‘n mens tydens die pelgrimstog na Mekka sterf.  Bid dat Moslems gedurende Ramadaan drome van “die Man in wit” (Jesus) sal hê.  Bid dat hulle openbarings van Jesus as die enige Weg, Waarheid en Lewe sal kry en dat hulle die versekering van redding in Hom sal ontvang.  www.tiny.cc/wb312