Die YouVersion Bybel Toep is begin toe die ontwikkelaar Bobby Gruenewald homself gevra het: “Wat as tegnologie my kan help om die Bybel gereeld te lees?” Hierdie maand herdenk YouVersion die ongekende mylpaal van 1 biljoen aflaaie. Dit word in elke land in die wêreld gebruik. Dit laat mense toe om die Bybel in meer as 2300 tale te lees. Die YouVersion Familie Toep sien dat die toepassing elke 39 dae 1 biljoen keer oopgemaak word. Dit onderstreep die groeiende betrokkenheid van wêreldwye gebruikers. Prys God!! Bid dat baie meer mense die waarheid sal vind en in Christus sal groei deur die gebruik van hierdie toepasssing. www.tiny.cc/wb346