Gesigsherkenning tegnologie in China is blykbaar nie genoeg nie. Die regering gee nou belonings aan mense vir inligting oor “onwettige godsdienstige aktiwiteite” om ongeregistreerde huiskerke te teiken. Miljoene Chinese is deel van hierdie ondergrondse kerke, wat ‘n bekommernis is vir die Kommunistiese Party se kontrole oor godsdiens. Prys God, ten spyte van dekade lange druk, het die Christen populasie in China beduidende groei getoon. Bid dat hierdie hernude inperkings massiewe groei in die kerk tot gevolg sal hê. www.tiny.cc/wb348
