‘n Kerk in Florida het saam met die Internasionale Sending Raad (ISR) verskeie Virtuele Realiteit Reise geskep om die 171 miljoen mense wat daagliks Metaverse besoek, te bereik. ISR het ook die “Hoop Kafee”, ‘n virtuele hub op ‘n digitale asteroïde geskep, waar gebruikers ‘n Evangelie aanbieding en die Skrif in verskeie tale kan vind. Daar word op Japan gefokus, waar Virtuele Realiteit gebruikers soekend is en waar vrywilligers aangepaste avatars gebruik om Evangeliese gesprekke aan te moedig. Prys God. In die eerste Virtuele Realiteitsreis het die span meer as 130 evangeliese gesprekke gevoer en met 30 mense is die hele evangelie boodskap gedeel. www.tiny.cc/wb412