Soedan se burgeroorlog het 30 miljoen mense verplaas. Dit het die wêreld se grootste humanitêre krisis veroorsaak, met ernstige tekorte aan kos, water en veiligheid. Tradisionele ondersteuningsgroepe word geblokkeer en toegang geweier, maar die “Greater Reach Alliance” werk binne die vlugtelingkampe, oor die grense van 3 lande. Hulle verskaf fisies verligting en Bybelse trauma genesing aan families in die tyd van rou en vrees. Hierdie tasbare omgee is besig om tradisionele grense teen Christene af te breek en lei vlugtelinge na Christus. Bid dat baie die ware vrede wat net Christus kan bied, sal vind. www.tiny.cc/wb422