Na die hantering van ‘n gemeentelid se begrafnisdiens het pastoor Florian Homberger van Mullheim Switzerland die diep verbintenis tussen sy aanlyn speletjie vriende gesien. Hy het besluit om self ook by Minecraft aan te sluit. Hy het ‘n virtuele stad met ‘n kerk gebou. Hier word weekliks ‘n 30 minute oordenking aangebied. Hierdie geleentheid trek tans 20 deelnemers, waarvan die helfde geen vorige verbintenis met ‘n kerk gehad het nie. Homberger bied ook ‘n in-persoon speletjie geleentheid in sy kerksaal aan. Hy het Minecraft soos ‘n “sitkamer” begin sien waar werklike gemeenskap binne ‘n virtuele wêreld beleef word. Bid dat meer Christene hierdie platform, waaraan meer as 200 miljoen gebruikers maandeliks aktief deelneem, as ‘n geleentheid sal begin gebruik om hul geloof te deel. www.tiny.cc/wb430